O Vader, ons nader u troon in gebede,
vertrouend en bouend op reg en op eer.
O, U in verlede ons hulp, hoe sou hede
die Bose voor u oog dan oor ons triomfeer?
Na lye en strye het steeds u genade
die harte se smarte verligting geskenk;
uit storme se woede het altyd die goede
soos daagraad na die donker verskyn op u wenk.
Beskermer, Ontfermer, Bestuurder van volke,
verlig ons en rig ons en staan ons weer by;
en nooit sal ons buig nie; geen vyand ooit juig nie.
U Almag sal ons lowe, o Heer, maak ons vry!
Written by Woorde: JAN F.E. CELLIERS Musiek: A. VALERIUS; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS





