Die Hoogland is ons woning,
die land van son en veld,
waar woeste vryheidswinde waai
oor graf van meenge held.
Die ruimtes het ons siel gevoed,
ons kan g'n slawe wees,
want vryer as die arendsvlug,
die vlugte van ons gees.
[REFREIN]
Dis die tyd, dis die dag,
om te handhaaf en te bou.
Hoog die hart, hoog die vlag,
hoog Oranje-blanje-blou!
Ons gaan saam die donker toekoms in
om as een te sneuwel of oorwin,
met ons oog gerig op jou,
ons Oranje-blanje-blou!
Die ruwe bergereekse
staan hoog teen awendlug,
soos gryse ewighede daar
versteen, verstyf in vlug.
En stewig soos die grou graniet
ons Boeretrots en -trou,
die fondament waarop ons hier
'n nuwe nasie bou.
[REFREIN]
Dis die tyd, dis die dag,
om te handhaaf en te bou.
Hoog die hart, hoog die vlag,
hoog Oranje-blanje-blou!
Ons gaan saam die donker toekoms in
om as een te sneuwel of oorwin,
met ons oog gerig op jou,
ons Oranje-blanje-blou!
Die God van onse vaders
het ons hierheen gelei,
ons dien sy grootse skeppingsplan,
solank ons Boere bly.
Ons buig ons hoof voor Hom alleen;
en as Hy ons verhoor
omgord ons bly die lendene:
Die toekoms wink daar voor.
[REFREIN]
Dis die tyd, dis die dag,
om te handhaaf en te bou.
Hoog die hart, hoog die vlag,
hoog Oranje-blanje-blou!
Ons gaan saam die donker toekoms in
om as een te sneuwel of oorwin,
met ons oog gerig op jou,
ons Oranje-blanje-blou!
Written by Woorde: EITEMAL, na 'O.D., hoch in Ehren' Musiek: HENRY HUGH PIERSON


