Die berge, blomme, bome,
die helder waterstrome
hul wink ons van daar ver,
hul wink ons van daar ver.
Ons klim oor berg en rante,
ons sing en klap die hande
uit pure lewenslus,
uit pure lewenslus.
Tra-lee, tra-la!
Tra-lee, tra-la!
Uit pure lewenslus!
Tra-lee, tra-la!
Tra-lee, tra-la!
Uit pure lewenslus!
Te gou vergaan die ure,
en spoedig roep die gure
sononderlug ons tuis,
sononderlug ons tuis.
Hoe lieflik lonk die ligte,
en dierbare gesigte
groet vrolik: 'Welkom tuis!'
Groet vrolik: 'Welkom tuis!'
Tra-lee, tra-la!
Tra-lee, tra-la!
Groet vrolik: 'Welkom tuis!'
Tra-lee, tra-la!
Tra-lee, tra-la!
Groet vrolik: 'Welkom tuis!'
Written by





