•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: MY NOOI NTJIELIEF IN DIE MOERBEIBOOM (benodig Quicktime? )

MY NOOI NTJIELIEF IN DIE MOERBEIBOOM

My nooi'ntjielief in die moerbeiboom, hoor jy my minnelied,
van liefdevuur en van lentedroom, van vreugde en verdriet?
Kom af, my nooi, ek verlang na jou, soos blomme smag na die môredou.
My nooi'ntjielief in die moerbeiboom, hoor jy my minnelied?
My nooi'ntjielief in die moerbeiboom, hoor jy my minnelied?

My nooi'ntjielief in die moerbeiboom, hoor jy my lied so bly?
O waarom dan tog so skaam en skroom, of terg jy maar vir my?
Daar's lag en lewe in sonneskyn; kom af, my nooi, eer die daglig kwyn.
My nooi'ntjielief in die moerbeiboom, hoor jy my lied so bly?
My nooi'ntjielief in die moerbeiboom, hoor jy my lied so bly?

My nooi'ntjie het in die moerbeiboom my minnelied gehoor,
van liefdevuur en van lentedroom, dit het haar hart bekoor.
Ek sien daarbo, waar die blare roer, twee ogies laggend deur lower loer.
My nooi'ntjie het in die moerbeiboom my minnelied gehoor;
my nooi'ntjie het in die moerbeiboom my minnelied gehoor.

Die begeleiding kan in plaas van op 'n klavier ook deur twee instrumente soos byvoorbeeld 'n fluit en fagot gespeel word.  Dit kan ook as 'n instrumentale trio uitgevoer word deur die sangstem met 'n instrument te vervang.

Written by Woorde: THEO W. JANDRELL Musiek: A. CONRADI; verwerk: PIERRE MALAN


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook