Ek was eenmaal 'n wewenaar
van by die veertig jaar
en ek voel tog so die eensaamheid
in 'n wêreld vol verdriet.
Daar was 'n haas en 'n jakkals en 'n das
en die voëls in die wilgerboom.
My liewe kokkenennetjie,
liewe klein dingetjie,
almal het maats, net ekke nie;
my liewe kokkenennetjie,
liewe klein dingetjie,
almal het maats, net ekke nie.
Written by Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN


