Suid-Afrika, o land so ruim en vry;
jy is die land deur God gegee aan my;
jou het ek lief! Verkeer my land in nood,
trou sal ek bly, ja, selfs tot in die dood.
Suid-Afrika, o land van son en veld;
jy is gekoop deur bloed van meenge held.
Dierbaar die grond waar helde rus tot nou;
hul het gestry, hul bloed geskenk vir jou.
Suid-Afrika, die land waar God regeer.
Heer, gee ons krag, ons wil U altyd eer;
gee ons die moed vir dit wat ons moet dra.
Heer, hoed ons land, beskerm, Suid-Afrika!
Written by Woorde: ANDRIES WASSERMAN; gewysig: G.G. CILLIÉ Musiek: GEORGE W. WARREN, 1892


