•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: MY HARTBEESHUIS (benodig Quicktime? )

MY HARTBEESHUIS

Daar's 'n lief ou hartbeeshuisie op 'n plaas so wyd en vry,
nou verbind met soet herinn'rings, dis die liefste plek vir my;
heerlik geur die lentebloeisels, perske, peer en appelkoos,
en daar binne in die huisie bly 'n Afrikaanse roos.

[REFREIN]
O my lief ou hartbeeshuisie met jou kraal en moerbeiboom,
ek verlang na jou gedurig, o, ek sien jou in my droom.
As die oorlogswolke oor is en die lug daarbo weer blou,
kom ek weer, my hartbeeshuisie, na my liefste, en na jou.

In die mooi ou hartbeeshuisie woon my allerliefste nooi;
ek verlang na haar gedurig, sy's so vriendelik en mooi.
Hoe het ons twee saam gewandel, oor die plaas het ons gedwaal,
tot die lug vol helder kleure wys die dag begin te daal.

[REFREIN]
O my lief ou hartbeeshuisie met jou kraal en moerbeiboom,
ek verlang na jou gedurig, o, ek sien jou in my droom.
As die oorlogswolke oor is en die lug daarbo weer blou,
kom ek weer, my hartbeeshuisie, na my liefste, en na jou.

Musiek met vriendelike toestemming van die uitgewers, Cary & Co., Londen.

Written by Woorde: Tradisioneel: Vers 1; G.G. CILLIÉ: Vers 2 Musiek: 'My little Irish Cottage', EILEEN SUMMERS


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook