Kyk moeder Hoenderhen se kuikenskaar;
sy maak hulle almal eers gou-gou bymekaar:
Kloek, kloek, kloek, kloek, kloek,
ons gaan lekker kossies soek.
Nou stap hul deur die tuintjie vol pampoen.
Ou sonnetjie skyn, maar kan niks aan hulle doen;
elk' blaar met sy steel
is 'n kuikensonsambreel.
Ai tog, maar kyk wie lê daar om die draai;
hy loer en hy loer en sy stert begin al swaai!
Ag kuikens, pasop,
daardie kat gaan jul nog fop!
Ou moeder Hoenderhen, sy praat nou kwaai:
Kom kuikentjies, kom, jul moet glad nie langer draai,
die kat lyk so lief,
maar hy is 'n kuikendief.
Volkswysie uit 'Loelie se liedjies' van Adele Jooste.
Written by Woorde: ADELE JOOSTE; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT


