•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: MET MIDDERNAG KEER FEEST'LIK WEER (benodig Quicktime? )

MET MIDDERNAG KEER FEEST'LIK WEER

Met middernag word feest'lik weer verkondig
dat God as mens neergedaal het op aard'
om te bevry die mensdom van die sonde,
sy volk te red van die dood en die smart.
En nuwe hoop vervul die hele aarde
toe daardie nag gebore is die Heer!
Kniel voor Hom neer, kom lowe Hom na waarde.
Dis Kersfees, dis Kersfees, die Heer daal tot ons neer.
Dis Kersfees, dis Kersfees, die Heer daal tot ons neer.

Met bly gemoed laat ons tesame nader
na daardie krip van die heilige Kind.
So het die wyse voor sy wieg vergader
en, voortgelei deur die ster, Hom gevind.
Ons kan Hom nooit na waarde prys en lowe:
vir ons gebore en vir ons gely.
Kom almal saam, verhef jul stem na bowe.
Dis Kersfees, dis Kersfees wat ons aan Jesus wy.
Dis Kersfees, dis Kersfees wat ons aan Jesus wy.

Written by Woorde: C.G.S. DE VILLIERS Musiek: D'ADAM; verwerk: G.G. CILLIÉ


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook