•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: MET DAPPER EN STAPPER (benodig Quicktime? )

MET DAPPER EN STAPPER

O, land van die Suide, die mooiste op aard',
hoe lok tog jou velde vir my;
jou hemel's my dak en jou son is my haard;
my woning jou ruimtes so vry!
Die storms kan maar woed en die winde kan waai,
ek gaan na die Kaap en vandaar na die Baai
met dapper en stapper.  Hoera!  Hoera!
Met dapper en stapper.  Hoera!

Ek wandel deur klowe, langs heuwels en vlei,
langs waters wat stroom en wat bruis.
Die veldblommegeur lê soos balsem vir my
en net waar ek kom voel ek tuis!
Al sou dit ook reën of al sou dit ook hael,
ek gaan van Oos-Londen tot bo in Transvaal
met dapper en stapper.  Hoera!  Hoera!
Met dapper en stapper.  Hoera!

O, gee my die ruimtes so wyd en so vry,
die hemel daar bowe so blou;
o, gee maar die kleur van die velde vir my,
die blink môreson op die dou!
Die koue kan kom of die son kan maar brand,
ek gaan van Limpopo na Somersetstrand
met dapper en stapper.  Hoera!  Hoera!
Met dapper en stapper.  Hoera!

Written by Woorde: THEO W. JANDRELL; gewysig: PIERRE MALAN Musiek: A.J. SCHOOLEMAN; verwerk: PIERRE MALAN


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook