•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: MARIETJIE MARAIA MARYNE (benodig Quicktime? )

MARIETJIE MARAIA MARYNE


Daar't drie gawe nooi'ntjies gewoon in my buurt,
Marietjie, Maraia, Maryne--
en as ek net wis wie die mooiste een was,
dan was een van hulle nou myne.
Maar Saterdagaande--my boordjie, my das,
my kuif sou ek ruil met g'n man nie;
my vryperd staan klaar teen die peperboom vas,
en ek moet besluit, maar ek kan nie.

Die Sondag't Marietjie gebooie laat loop--
toe staan daar 'n groter berg voor my;
want as ek Marai of Maryne nou vra,
wat word van die outjie wat oorbly?
Die Saterdag wou ek ou Poon maar laat kies
en los toe die teu'ls so 'n bietjie;
maar gou moes ek stop want hy kies in galop
gedorie die pad na Marietjie.

Die Sondag't Maraia gebooie laat loop--
en dus bly Maryne die laaste.
Ek troos toe myself, sy's die mooiste vir my
en buitendien woon sy die naaste.
Die Saterdagaand was ek vroeg aan haar sy
en voel hoe ek wurg aan die vrawoord;
maar voor ek beswyk, neem ek haastig die wyk,
jaag huistoe, maar sonder die jawoord.

En Sondag't Maryne gebooie laat loop--
my hart het gejuig van verligting;
want totdat hul sussies eers aangeneem is,
rus daar nou op my geen verpligting.
Dis snaaks tog, die liewe ou lewe se loop,
Marietjie, Maraia, Maryne:
het ek net in daardie tyd lootjies getrek,
dan was een van hulle nou myne.

Written by Woorde: EITEMAL Musiek: 'Die Lore am Tore', komponis onbekend, 1835; verwerk: PIERRE MALAN


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook