Lief blompies in die maanskyn slaap langs die silwerstroom,
elk knikkend met sy koppie so sedig en so vroom.
Die lentebloeisels sluimer nou, sagsuisend in hul droom.
Doe-doe, doe-doe, my kindjie, sluimer sag.
Die lentebloeisels sluimer nou, sagsuisend in hul droom.
Doe-doe, doe-doe, my kindjie, sluimer sag.
Written by Woorde: THEO W. JANDRELL Musiek: W. VON ZUCCALMAGLIO (+ 1869) en R. PALME; verwerk: G.G. CILLIÉ