•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: KOM ONS GAAN BLOMME PLUK (benodig Quicktime? )

KOM ONS GAAN BLOMME PLUK

Dit is weer lente, winter is verby.
Kyk tog hoe staan die blomme in die vlei.
Is dit nie lieflik!  Lyk hul tog nie skoon!
O, om vir altyd tussen hul te woon!

[REFREIN]
Kom ons gaan blomme pluk in die vlei.
Daar sing die voëltjies vrolik en bly.
Steel jy 'n soentjie, ek sal nie skrik,
want voëltjies sal ons nooit nie gaan verklik.

As ek die blomme fleurig sien gedy,
dink ek aan tye nou reeds lank verby,
hoe ons gedwaal het as die skemer daal
om teen die aande blomme te gaan haal.

[REFREIN]
Kom ons gaan blomme pluk in die vlei.
Daar sing die voëltjies vrolik en bly.
Steel jy 'n soentjie, ek sal nie skrik,
want voëltjies sal ons nooit nie gaan verklik.

Maar sy is weg nou; ek is stokalleen.
Ja, soos die blomme gaan ons almal heen.
Sit ek soms sawens buite op die stoep
is dit kompleet nog of ek haar hoor roep:

[REFREIN]
Kom ons gaan blomme pluk in die vlei.
Daar sing die voëltjies vrolik en bly.
Steel jy 'n soentjie, ek sal nie skrik,
want voëltjies sal ons nooit nie gaan verklik.

Written by Woorde: P. IMKER HOOGENHOUT: Vers 1, 3; P. MCLACHLAN: Vers 2 Musiek: 'Sweet Bunch of daisies', ANITA OWENS; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1976


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook