•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: KOM LENTE, LIEWE LENTE (benodig Quicktime? )

KOM LENTE, LIEWE LENTE

Kom lente, liewe lente, en laat die plante groei!
Laat in die tuin en velde die blommetjies weer bloei.
Hoe sterk is ons verlange om weer 'n blom te sien!
Kom lente, liewe lente: laat al die saad ontkiem!

Kom met jou reën en sonskyn, maak alles buite mooi;
gee blommeprag en weelde, viooltjies, blou en rooi.
Kom gou en laat die rosies hul soete geure bring;
gee grassies vir die diere; laat al die voëltjies sing.

Die voëltjies sing so lustig hul liedjies vrolik, bly.
Die kinders speel weer buite, hul voel gelukkig, vry.
Kom gou dan, liewe lente, laat plante weeld'rig groei;
laat mense hul verlustig in blomme wat weer bloei.

Written by Woorde: A.D.E. GUTSCHE en G.G. CILLIÉ, na 'Komm, lieber Mai' Musiek: WOLFGANG A. MOZART


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook