My fiets se klokkie sê: Trieng, trieng, trieng.
En die kerk se klok sê: Dong, dong.
Die voordeurklokkie sê: Trr, trr.
En die etensklokkie sê: Tieng-ge-lien-ge-lieng.
Die spierwit haantjie sê: Koe-koe-loe-koe.
En die groot ou koei sê: Moe, moe.
Die lammetjie sê: Mê, mê.
En die fraai klein duifie sê: Koe-re, koe-re, koer.
Die vet ou padda sê: Kwaak, kwaak, kwaak.
En die vaal ou uil sê: Hoe-hoe!
Die kleine by sê: Zoemmm, zoemmm,
maar die skilpad? Hy bly tjoe-pie-tjoe-pie stil.
Uit 'Ons kleinste maatjies sing (Nr. 10)'.
Written by Woorde: RYKIE PIENAAR Musiek: RYKIE PIENAAR


