Jy's rein soos lenteblomme,
gekus deur môredou;
my hart ontbrand in liefde
as ek jou skoonheid skou.
Ek wil jou hoof sag strelend,
teer aan my boesem vou.
God hou jou steeds so heilig,
so skoon en rein soos nou,
so skoon en rein soos nou!
Written by Woorde: THEO W. JANDRELL Musiek: Volkswysie





