Juig my hart met blye galme,
wees verheug, dank vol vreug
God met jubelpsalme.
Hoor hoe sing die eng'le kore:
Prys en eer God, die Heer;
Christus is gebore.
Hy kom uit sy hemelwoning
van sy troon, sonder kroon
daal die hoogste koning.
God word mens gering in waarde,
word 'n kind, en verbind
Hom met ons op aarde.
O my heil, op U vertrou ek;
trouste Vriend, liefste Kind
Jesus, op U bou ek.
Wees my Leidsman hier benede;
en my loon, skat en kroon
in die ewighede.
Written by Woorde: J. BAUMBACH Musiek: JOHANN EBELING (1637-1676)





