In die stilte van my tuin
flikker son en skaduwee
beurtelings op die muur.
Blare van verbloeide rose
het die wind hier dik gestrooi
voor die ope deur.
En die maanwit skoenlappers drywe
op die geurende lug lomerig verby.
Ook die hart wat jou bemin
voel die vreugde van die uur
as jou mond so lag,
as jou mond so lag.
Written by Woorde: I.D. DU PLESSIS Musiek: ARNOLD VAN WYK, 1938





