•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: IN DIE MEI (benodig Quicktime? )

IN DIE MEI

In die Mei, in die Mei, in die najaar se Mei,
najaar se Mei, liefste nooi, sal ons moet skei.
Ek moet weg, ek moet weg, ek moet ver, ver weg,
ver, ver weg, maar my hart sal by jou bly!
En al gaan my pad ook wie weet waar,
eendag keer dit t'rug na jou;
as ek kom, as ek kom, as ek eendag weer kom,
eendag weer kom, is dit liefste net na jou.

Moenie treur, moenie treur nie al moet ons skei,
moet ons skei, ons liefde is nie verby;
is ek ver, is ek ver, is ek baie ver,
baie ver, bly jou beelt'nis steeds by my.
Moenie dalk oor ander liefde dink,
net aan jou bly ek getrou.
As ek kom, as ek kom, as ek eendag weer kom,
eendag weer kom is dit liefste net na jou.

Oor 'n jaar, oor 'n jaar, met die najaar se Mei,
najaar se Mei, is ek weer hier aan jou sy;
is ek dan, is ek dan nog die kêrel vir jou,
kêrel vir jou, vier ons bruilof in die Mei.
O die vreugde in ons harte dan
as geen afstand meer kan skei!
As ek kom, as ek kom, as ek eendag weer kom,
eendag weer kom sal ek altyd by jou bly.

Written by Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: 'Muss i denn', Swabiese Volkswysie; verwerk: W. REIN


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook