Hier is die hok waar die apies woon.
Nou gaan julle lag!
Enetjie swaai op en af
die hele liewe dag!
Hier is die hok waar die hasies woon.
Saggies, saggies nou!
Daardie een maak of hy slaap,
maar kyk hy loer vir jou!
Hier is die hok waar die jakkals woon
met sy rooibruin jas:
hy hoef dit nie uit te trek nie
as hy dit wil was.
Hier is die hok waar die eekhoring woon.
Kyk hoe blink sy oog!
En sy dikke wolhaarstert
die staan so met 'n boog!
Uit 'Ons kleinste maatjies sing (Nr. 27)'.
Written by Woorde: RYKIE PIENAAR Musiek: RYKIE PIENAAR





