•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: INTOG VAN DIE LENTE (benodig Quicktime? )

INTOG VAN DIE LENTE

Die lange wintermaande
was grys en koud en kaal;
deur winternagte, -aande
het snerpend ryp gedaal.
Maar mild en sag en onverwag
het lenteluggie, loom en lou,
die eerste blaartjie laat ontvou.
Die helder kleur  (La, la, la, la, la.)
en blommefleur,  (La, la, la, la, la.)
die nuwe lewe maak ons harte bly.
O lente, jy,  (La, la, la, la, la.)
o mooi gety,  (La, la, la, la, la.)
dis jy wat alles laat gedy!
Kom die lente, kom die liefde;
heerlik die wonder as weer die blomme bloei;
vreugde, as by mense lewe bruisend deur die are vloei.
En moet ons soms 'n traantjie droog,
gou blink die vonkel in die oog!
Ja, ja!  Ja, ja!  Ja, ja!
En moet ons soms 'n traantjie droog,
gou blink die vonkel in die oog!
Ja, ja!  Ja, ja!  Ja, ja!

Hoe leeg was eens my dae
net soos die wintertyd;
verlange, sugte, klae
en droewe eensaamheid.
Maar ook vir my kom vreugde bly--
'n blom bloei in my hart se tuin;
net soos die lente't sy verskyn
met ogies blink,  (La, la, la, la, la.)
wat lok en wink:  (La, la, la, la, la.)
die mooiste bloeisel in my lentetuin.
So lig en fyn,  (La, la, la, la, la.)
'n vonkelwyn,  (La, la, la, la, la.)
was sy, my lentenooi'ntjie klein!
Weg is donker, droewe dae;
liefde in die hart maak mos alle mense bly!
Weg die sugte, klae, al die eensaam tye is verby.
En kom dan koue eendag weer,
lente en liefde triomfeer!
Ja, ja!  Ja, ja!  Ja, ja!
En kom dan koue eendag weer,
lente en liefde triomfeer!
Ja, ja!  Ja, ja!  Ja, ja!

Written by Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: 'Lore, des Försters Tochter', BERNHARD KUTSCH; verwerk: D. HYMAN


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook