Hy verlaat sy hemelwoning
en word gebore as 'n Kind.
Hy wat eens sal heers as Koning
word needrig in 'n stal gevind.
En Hy groei in heil'ge wysheid
ons tot heil en God tot eer.
En Hy groei in heil'ge wysheid
ons tot heil en God tot eer,
ons tot heil en God tot eer.
Hoed Hom, Vader, 'wyl Hy klein is,
wanneer gevare Hom omring.
Hy wat deur u liefde rein is,
wil liefde in ons harte bring,
wil ons sondes ons vergewe;
maak ons aan sy voorbeeld trou.
Wil ons sondes ons vergewe;
maak ons aan sy voorbeeld trou,
maak ons aan sy voorbeeld trou.
Here, seën ons kinderdae
en seën ons as ons ouer word;
dreig die sonde met sy plae,
wil ons dan met u krag omgord,
dat daar, na u welbehae,
smart van ons geweer mag word;
dat daar, na u welbehae,
smart van ons geweer mag word,
smart van ons geweer mag word.
Written by Woorde: C.G.S. DE VILLIERS Musiek: H. BERLIOZ, uit 'Die Kinderdae van Christus'





