Hoor die stemme, diep bewoë,
Vryheid, Vrede, Reg.
Deur die jare, ver vervloë,
Noordwaarts lê die weg!
Dis die wekstem van ons helde,
Trekkers oor die berge en velde,
Stigters van Suid-Afrika,
Stigters van Suid-Afrika.
Voorwaarts deur gevaar en smarte
sonder pad of spoor!
Opwaarts hef hul hande en harte;
soek die doel daarvoor!
Op Gods Woord was hul vertroue,
deur sy krag was hul behoue,
Bouers van Suid-Afrika,
Bouers van Suid-Afrika.
Ryk beskenk uit ons verlede
wil ons padlangs hou.
God deur eeue rig ons skrede
dat ons beter bou!
Ban die vreemde en valse gode,
hoop deur duisend droewe node,
Kinders van Suid-Afrika,
Kinders van Suid-Afrika.
Written by Woorde: G.B.A. GERDENER Musiek: P.K. DE VILLIERS; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1976





