Hulle sê daar's 'n man in die maan.
O, ek wil baie graag gaan
met 'n hoed en 'n sluier
om net maar te kuier
by daardie ou man in die maan.
S.A. Volkswysie, soos opgeteken deur Chris Lamprecht by mnr. Ben Lamprecht van Kafferrivier, O.V.S. Die teks en die melodie uit 'Dit kom van ver af', Chris Lamprecht (Die Staatsdrukkery, Pretoria) en word gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursvergunning 62 47 van 14-7-1978.
Written by Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT





