•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: HOE VERMAAKLIK IS DIE DAE (benodig Quicktime? )

HOE VERMAAKLIK IS DIE DAE

Hoe vermaaklik is die dae
as ek net by jou kan bly;
sonder droefheid, sonder klae,
bly jy net maar aan my sy,
bly jy net maar aan my sy,
bly jy net maar aan my sy.

Jou te sien--dit is my vreugde;
jou te sê: ek bly jou trou.
Net te sing van al jou deugde:
dis my hulde, lief, aan jou,
dis my hulde, lief, aan jou,
dis my hulde, lief, aan jou.

Waarom wil jy van my weggaan?
Waarom tog die groot verdriet?
Moet ek dan alleen my weg baan?
Was my liefde dan verniet,
was my liefde dan verniet,
was my liefde dan verniet?

Duisend sugte met verlange
stuur ek daagliks net aan jou.
Eensaam deur die lewensgange
is my dae, sonder jou,
is my dae, sonder jou,
is my dae, sonder jou.

Nee, geliefde, ons mag nie skei nie,
'k het my hart aan jou verpand;
en g'n ander sal dit kry nie,
onverbreekbaar bly die band,
onverbreekbaar bly die band,
onverbreekbaar bly die band.

Musiek uit 'Hollands-Afrikaanse Liederbundel' van N Mansvelt (Amsterdam; Hollands-Afrikaanse Uitgw. Mij, Kaapstad; J.H. de Bussy, Pretoria).

Written by Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Ou Afrikaanse lied; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook