•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: HEIMWEE (benodig Quicktime? )

HEIMWEE

My hart verlang na die stilte
van die wye wuiwende veld
ver van die stadsgeluide,
en die klinkende klank van geld.

Ek is moeg vir die rustelose lewe
van mense wat kom en gaan.
'k Wil terug na die vrye ruimte,
waar 'n siel in woon, wat verstaan.
O, ek sien weer die son op die velde
en die ewige blou daar bo.
En my hart skiet vol van heimwee,
en my drome swem in my oë,
en my hart skiet vol van heimwee,
en my drome swem in my oë.

Ek sien weer die ylbloue berge
daar ver oor die westerkim
en wonder nie meer waarom weemoed
so sag uit my liedere klim.
Klim na die grys lug bowe
waar die son in die miste kwyn,
want o, ek verlang na die velde,
na die ewige sonneskyn.

Written by Woorde: J.R.L. VAN BRUGGEN Musiek: S. LE R. MARAIS


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook