•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: HEIL'GE NAG, SO WONDERSKOON (benodig Quicktime? )

HEIL'GE NAG, SO WONDERSKOON

Heil'ge nag, so wonderskoon,
God se Seun kom by ons woon
as 'n Kindjie in 'n stal,
Koning van die groot heelal.
Halleluja, halleluja,
halleluja, loof die Heer!

Herders het 'n stem gehoor,
luister na 'n eng'lekoor:
Vrede daal op aarde neer
met 'n Kindjie, klein en teer.
Halleluja, halleluja,
halleluja, loof die Heer!

Wyse manne kom van ver,
volg die rigting van 'n ster,
reis eers na Jerusalem,
vind die Kind in Betlehem.
Halleluja, halleluja,
halleluja, loof die Heer!

Kom nou kinders, almal saam,
laat ons ook na Jesus gaan,
laat ons vrolik hulde bring
en vir Hom ons lied're sing.
Halleluja, halleluja,
halleluja, loof die Heer!

Die melodie in mate 1-8 is tot 'n groot mate ontleen aan 'In des hemels hooge zalen' uit 'Het Levende Lied van Nederland' deur Jaap Kunst.

Written by Woorde: G.G. CILLIÉ Musiek: G.G. CILLIÉ


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook