Hai-die-del-die vandag is wasdag,
hai-die-del Sannie help vir Ma!
Kyk hoe spat die seepskuim nou,
hempie, sokkie, broekie blou.
Hai-die-del-die vandag is wasdag,
hai-die-del Sannie help vir Ma!
Hai-die-del-die vandag is strykdag,
hai-die-del Sannie help vir Ma!
Stryk hom mooi en glad vir jou,
hempie, sokkie, broekie blou.
Hai-die-del-die vandag is strykdag,
hai-die-del Sannie help vir Ma!
Hai-die-del-die vandag is ploegdag,
hai-die-del Jannie help vir Pa!
Span die perdjie voor die ploeg;
as ek help word hy nie moeg.
Hai-die-del-die vandag is ploegdag,
hai-die-del Jannie help vir Pa!
Hai-die-del-die vandag is saaidag,
hai-die-del Jannie help vir Pa!
Saai die koring in die grond;
growwe brood maak ons gesond.
Hai-die-del-die vandag is saaidag,
hai-die-del Jannie help vir Pa!
Written by Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Duitse Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT





