GRIETJIE
Woorde: P. IMKER HOOGENHOUT
Musiek: EMIEL HULLEBROECK
Griet, my skat, en weet jy wat
die mense nou weer praat?
Dat ek en jy dalk ander maand
nog voor die preekstoel staat.
Ek weet nie wat jou plan is nie,
maar myn' is lankal klaar,
en as jy net die woordjie sê,
dan trou ons met mekaar!
[REFREIN]
Grietjie, my liewe Grietjie,
ek het jou baie lief.
Ag! luister na my liedjie,
my skone Grietjie, my hartedief!
Meimaand, my hart, is vrymaand.
Kom, ons twee vra jou Pa.
Gaan maar saam en neem my naam,
my hartlam, waarom is jy skaam?
Sê tog net éénkeer ja!
Griet, my skat, en weet jy wat?
Die huis is al gebou
en mooie meubels is gekoop;
't wag alles net op jou.
Geen ding ontbreek en niks makeer.
Word jy maar net my vrou
dan is die hele wêreld reg
en sal 't jou nooit berou.
[REFREIN]
Grietjie, my liewe Grietjie,
ek het jou baie lief.
Ag! luister na my liedjie,
my skone Grietjie, my hartedief!
Meimaand, my hart, is vrymaand.
Kom, ons twee vra jou Pa.
Gaan maar saam en neem my naam,
my hartlam, waarom is jy skaam?
Sê tog net éénkeer ja!
Griet, my skat, en weet jy wat
die mense verder sê
omtrent die honderd pond van jou
wat in die spaarbank lê?
Hul sê: dit is net om jou geld
dat ek jou het gevra;
maar was dit neën-neëntig maar
sou jy mos ook sê: Ja!
[REFREIN]
Grietjie, my liewe Grietjie,
ek het jou baie lief.
Ag! luister na my liedjie,
my skone Grietjie, my hartedief!
Meimaand, my hart, is vrymaand.
Kom, ons twee vra jou Pa.
Gaan maar saam en neem my naam,
my hartlam, waarom is jy skaam?
Sê tog net éénkeer ja!
Opgeneem met die welwillende toestemming van die komponis en van die uitgewers G. Alsbach & Co., Amsterdam, uit Zes Liederen, 11de reeks, van Emiel Hullebroeck.
Written by


