Goei'nag, vriend, goeienag.
Verby ons skerts en lag;
maar vriendskap sal bly.
Dus, maat, al groet ons nou,
die aand sal ons onthou
en vriendskap sal bly.
Goei'nag, vriend, goeienag.
Daar's môre nog 'n dag;
totsiens en goeienag.
Ons moet nou huiswaarts keer,
so 'n aandjie kom mos weer;
totsiens en goeienag!
Geliefde, goeienag.
Die maantjie skyn so sag;
'k sou altyd wou bly.
Helaas, ons moet ook groet,
al was die aand so soet
'k sou altyd wou bly.
Written by Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Volkwysie uit Sakse; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS


