[HY]
Wanneer kom ons troudag, Gertjie, Gertjie?
Hoe's dit dan so stil met jou?
Ons is so lank verloof al, Gertjie, Gertjie;
dit is tyd dat ons gaan trou.
[REFREIN]
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.
[SY]
'k Hoor jy is verlief op Sarie, Sarie;
maar die pret moet jy laat staan!
O, pas maar op vir Piet en Danie, Danie,
hulle kan jou sommer slaan.
[REFREIN]
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.
[HY]
Gertjie, as ons Sondags kuier, kuier
agter om die kop verby,
dan sê ek: Nonnie lig jou sluier, sluier,
kom en gee 'n soen vir my.
[REFREIN]
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.
[SY]
Jannie, al die soentjies help nie, help nie;
kyk vir Pieter en vir Griet:
vandag wil hul mekaar nie hê nie, hê nie;
al die soentjie was verniet.
[REFREIN]
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.
[SY]
Jan, laat staan die pret maar liewer, liewer,
ons moet maar die soen laat bly;
ek volg my eie paadjie liewer, liewer;
Jy kan dan na Sarie vry.
[REFREIN]
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.
Melodie is ontleen aan G.F. Root se 'Just before the battle, Mother' en is tydens die Amerikaanse Burgeroorlog geskryf.
Written by Woorde: Anoniem Musiek: G.F. ROOT; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS