•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: GEDENK (benodig Quicktime? )

GEDENK

Nog tril ons hart van matelose smarte,
nog groei geen grassie op die heil'ge plek
waar grond en klip hul bleek gebeente dek--
Soet sy jul rus, o liefstes van ons harte.

Nog klink die droewig' weeklaag in ons ore,
die roep om hulp uit honger dood en dwang,
nog hou die angs ons krimpend' hart gevang.
O bange vraag: Is weersien ons beskore?

Hoe wrang die weersin by die wrede lyding,
by die verhaal van onverdiende leed;
hoe sal die nageslagte ooit kan weet
hoe groot die prys, die offer, die kastyding!

Hoe kan ons?  Nooit kan ons die swaar vergeet nie,
die kale grafte roep: Onthou, onthou!
Dink aan die lyding van jou kind en vrou.
Geen sterflik' mens sal ooit die smart kan meet nie.

Written by Woorde: BLIKOOR; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: C. MALAN; verwerk: G.G. CILLIÉ


Ben Jacobs added a comment

 Email Ben Jacobs & Add A Comment
hide
TO: Ben Jacobs







 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook