Fyn soos 'n vlinder, sag soos satyn;
niks sal ons hinder, liefste Maryn.
Onder die bome loop ons en droom--
lieflike drome langes die stroom.
O liewe uurtjie, waar is jy nou?
O liefdesvuurtjie, sterf jy so gou?
Droef is my lewe sonder jou lag;
doelloos my strewe, klaar is my dag.
Written by Woorde: M.L. DE VILLIERS Musiek: M.L. DE VILLIERS


