•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: EK SOEK NA MY DINA (benodig Quicktime? )

EK SOEK NA MY DINA

[Tradisioneel]

Ek soek na my Dina, my Dina, my Dina;
ek soek na my Dina, die Dina van my.
O, hier is my Dina, my Dina, my Dina;
o, hier is my Dina, die Dina van my.

[C.J. Langenhoven]

Ek soek 'n lemoentjie, en toe 'n pampoentjie
--presentjie vir Dina--en kon dit nie kry.
'Laat staan wat daar ver is; daar's nader en beter;
gee dié maar', sê Dina, 'gee dié maar vir my'.

Ek soek 'n jangroentjie, 'n pêrelemoentjie
--presentjie vir Dina--en kon dit nie kry.
'Laat staan wat so skaars is; daar's volop en beter;
gee dié maar', sê Dina, 'gee dié maar vir my'.

Pampoentjie, jangroentjie, en pêrelemoentjie
--wat is daar op aarde dan beter te kry?
En toe kom 'n ander en gee haar 'n soentjie
--en nooit meer 'n Dina, 'n Dina vir my.

Written by Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3 Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: G.G. CILLIÉ


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook