•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: DONKERBRUIN VONK LENDE OE (benodig Quicktime? )

DONKERBRUIN VONK LENDE OE

Donkerbruin vonk'lend haar laggende oë,
vrolike onskuld haar grootste genoë,
so sag en lieflik haar handjies fyn,
haartjies blond en hartjie so rein;

[REFREIN]
Skertsend loer sy na my, vrolik sing sy en bly
van ditjies en datjies en wie weet watjies:
Tra-la-die, tra-la-da, tra-la-la-die, tra-la-la,
tra-la-die, tra-la-da, tra-la-la-di-ra!

Skyn in die lente die maan deur die bome,
loop ieder paartjie verlief langs die strome.
Hou handjies, steel gou 'n soentjie soet
--lentelewe bruis deur my bloed:

[REFREIN]
Skertsend loer sy na my, vrolik sing sy en bly
van ditjies en datjies en wie weet watjies:
Tra-la-die, tra-la-da, tra-la-la-die, tra-la-la,
tra-la-die, tra-la-da, tra-la-la-di-ra!

O die betow'ring van skoon lente maande,
lieflike uurtjies op stil maanligaande;
sag fluister ek haar my liefde trou,
maar wanneer ek handjie wil hou:

[REFREIN]
Skertsend loer sy na my, vrolik sing sy en bly
van ditjies en datjies en wie weet watjies:
Tra-la-die, tra-la-da, tra-la-la-die, tra-la-la,
tra-la-die, tra-la-da, tra-la-la-di-ra!

Written by Woorde: F. VILJOEN; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: RÜTTGERS; verwerk: D. HYMAN


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook