Dis lente in die Boland, kom hoor die Piet-my-vrou;
hy soek soos al die mense 'n maat om mee te trou.
Piet-Piet, Piet-Piet, my vrou waar is jy nou?
Ek is nog nie jou vrou nie, jy moet eers nessie bou!
Dis lente in die Boland en al die voëltjies trou;
Piet-Piet, my liewe vroutjie, ag, wat makeer jou nou?
Piet-Piet, Piet-Piet, my vrou, jy moet onthou:
'n Piet-my-vroutjie-kêrel kan mos nie nessie bou!
Dis lente in die Boland, die voëls het nes gebou;
maar 'n geleende nessie: dis al vir Piet-my-vrou.
Piet-Piet, Piet-Piet, my man, jy't my gevang;
as ek nie met jou trou nie dan bly ek weduvrou!
Written by Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: 'L'inverno è passato', Italiaans-Switserse Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978.


