•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: DIE TWEESTRYD (benodig Quicktime? )

DIE TWEESTRYD

As julle dalk 'n vleisie braai met boerewors daarby
dan moet die vleis en wors eers wag; my nooientjie wag vir my,
dan moet die vleis en wors eers wag; my nooientjie wag vir my.

En stoom daar koffie in die kan met boerbeskuit daarby
dan bly die koffie in die kan; my nooientjie wag vir my,
dan bly die koffie in die kan; my nooientjie wag vir my.

Hou jul vanaand vergadering--nogal van my party--
dan moet die politiek eers wag; my nooientjie wag vir my,
dan moet die politiek eers wag; my nooientjie wag vir my.

Nooi jy my na Skukuza maat--mens kan dalk leeus kry--
dan moet ja selfs die leeus wag; my nooientjie wag vir my,
dan moet ja selfs die leeus wag; my nooientjie wag vir my.

Maar draf my span se vyftiental straks 'Saatrag' op die veld
dan moet my nooientjie tog verstaan: ek skree eers vir my held,
dan moet my nooientjie tog verstaan: ek skree eers vir my held.

'n Lekker land, Suid-Afrika en oral, ai so mooi!
Met lekker kos en politiek en voetbal en 'n nooi!
Met lekker kos en politiek en voetbal en 'n nooi!

Ek voel my hier gesond en sterk, niks kry my in die kooi!
Maar 'k kan die knoop nie deurhaak tussen voetbal en my nooi!
Maar 'k kan die knoop nie deurhaak tussen voetbal en my nooi!

Written by Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Uit Bremerhaven; verwerk: D. HYMAN


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook