Dis 'n bokkie, soos 'n stokkie,
soos 'n kweperlatjie skraal,
wat so vinnig oor die klippe
soos die kweperlat sy wippe
met sy skrale pootjies haal,
wat so vinnig oor die klippe
soos die kweperlat sy wippe
met sy skrale pootjies haal,
met sy skrale pootjies haal.
Soos 'n mikkie waar 'n kwikkie
nou sy nessie het gebou,
soos die kweperboom sy stokkie
wil die mooie kleine bokkie
nou sy fiere koppie hou;
soos die kweperboom sy stokkie
wil die mooie kleine bokkie
nou sy fiere koppie hou;
nou sy fiere koppie hou.
Hy's 'n skrale en 'n vale,
ja, 'n skelme kleine bog,
wat al seilend deur die grassies
of al springend oor die plassies
met sy nette pootjies spog,
wat al seilend deur die grassies
of al springend oor die plassies
met sy nette pootjies spog,
met sy nette pootjies spog.
Written by Woorde: HARPER MARTINS Musiek: WALTER SPIETHOFF; verwerk: D. HYMAN





