•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: DIE SOMERTYD ROEP MY (benodig Quicktime? )

DIE SOMERTYD ROEP MY

Dis somer!  Hul roep my; die velde wat verkleur,
die winde belaai met die blomme se geur.
Soos die voëltjies wat draai deur die helderblou lug
vermy ek al my kommer in vrye, vrye vlug,
vermy ek al my kommer in vrye, vrye vlug.

Kom same, dan stap ons die rooidag tegemoet
wyl bruisend die lewe galop deur ons bloed
en ons voetstap, so lustig, oor bulte weerklink
lank voor die son sy beker, sy beker rooiwyn skink,
lank voor die son sy beker, sy beker rooiwyn skink.

Die ruimte, die ruimte, die tuiste van die Boer;
gedurig gevare wat lê op die loer.
Sy geselskap die winde wat vry oor hom waai
en witte stapelwolke wat deur die hemel draai,
en witte stapelwolke wat deur die hemel draai.

Daarbo van die berg top lê ver en wyd gestrek
die velde, die hemel waarlangs sterre trek.
En daar voel ek gelukkig, versoen met my lot
en hoor ek in die stilte die fluist'ring van my God,
en hoor ek in die stilte die fluist'ring van my God.

Written by Woorde: EITEMAL; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: J.W. LYRA


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook