Te kort jou skoonheidsduur,
Roos van my hof.
Vir jou volmaakte uur,
vir jou volmaakte uur,
vir jou volmaakte uur,
die Gewer lof!
Te kort ons liefdestyd:
Te lank, te lank die rou,
te lank die rou.
Tog tot in Ewigheid,
tog tot in Ewigheid,
tog tot in Ewigheid,
God dank vir jou.
Written by Woorde: A.G. VISSER Musiek: S. LE R. MARAIS





