Ek hoor die ou meul by die waterval raas: klip-klap!
Die heerlikste speelplek op vader se plaas: klip-klap!
Ons swem in die water en spat mekaar nat,
ons klim in die boom en gooi klei met die lat.
Klip-klap, klip-klap, klip-klap.
Die waterwiel draai en die wieletjies klein: klip-klap!
Die meulstene maal en die meel is so fyn: klip-klap!
En moeder bak koekies, beskuitjies en brood--
dit bly vir ons lekker, al word ons ook groot.
Klip-klap, klip-klap, klip-klap.
Kom somer en son word die koring gou ryp: klip-klap!
Die oes ingesamel, die meulsteen geslyp: klip-klap!
Die hemelse Vader gee daaglikse brood;
so ly ons nooit honger en ken ons geen nood.
Klip-klap, klip-klap, klip-klap.
Written by Woorde: A.D.E. GUTSCHE; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: Duitse Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS





