•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: DIE MANNETJIE (benodig Quicktime? )

DIE MANNETJIE

Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie;
hy is so klein en so skraal.
Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
en stap na sy werk vir die honderdste maal.
Langs die bome en blink watervore
sing hy so ver as hy gaan,
want gister is 'n baba gebore,
en hy is die vader daarvan.
Sy naam is Bart Kasper de Kompaan;
hy dink aan 'n naam vir sy seun.
Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan,
maar Gotliep Antonie staan hom beter aan.
Ongelukkig verwag sy ou vader
dat die kind na sy oupa moet heet:
Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden
en daarby Kasparus Bart Keet.

Kopiereg (1951) van teks en melodie: Die Musiekuitgewers-Maatskappy van Afrika, Presidentstraat 161, Johannesburg.

Written by Woorde: JAN POHL Musiek: JAN POHL; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook