•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: DIE JAWOORD IS UIT (benodig Quicktime? )

DIE JAWOORD IS UIT

Die Jawoord is uit, in die huwelikskuit
seil jy, liewe Bruid, seil jy nou;
as stormwinde kom en skuitjie val om,
ag! mag dit jou nooit nie berou!
Ag! Mag dit jou nooit nie berou!
Ag! Mag dit jou nooit nie berou!
As stormwinde kom en skuitjie val om,
ag! mag dit jou nooit nie berou!

Geheg is die band met hart en met hand;
die bruidegom is tog so bly;
sy hart is gerus, hy gee haar 'n kus--
die bruidjie so lief aan sy sy!
Die bruidjie so lief aan sy sy!
Die bruidjie so lief aan sy sy!
Sy hart is gerus, hy gee haar 'n kus--
die bruidjie so lief aan sy sy!

Geluk, man en vrou, dit wens ons jul nou;
geluk, julle twee bymekaar!
'n Lied en 'n lag op die huweliksdag
en 'n glasie omhoog op die paar!
'n Glasie omhoog op die paar!
'n Glasie omhoog op die paar!
'n Lied en 'n lag op die huweliksdag
en 'n glasie omhoog op die paar!

Nou Niggie en Neef, al gaan dit hoe skeef,
bewandel jul weg hand aan hand!
Met liefd' in die hart, in blydskap en smart
'kom alles mos reg', sê Jan Brand.
'Kom alles mos reg', sê Jan Brand.
'Kom alles mos reg', sê Jan Brand.
Met liefd' in die hart, in blydskap en smart
'kom alles mos reg', se Jan Brand.

Written by Woorde: NICO HOFMEYR; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: NICO HOFMEYR; verwerk: D. HYMAN


GERT added a comment

Werklik uitstekende webblad. Veral "Praise songs" en "Afrikaanse volksliedjies". Per toeval ontdek. Kry nie "Downloads" reg nie. Veels geluk !!!

 Email GERT & Add A Comment
hide
TO: GERT







Alet added a comment

Baie oulike web blad. Alles is interessant en laat menn sommer baie jare terug dink.

 Email Alet & Add A Comment
hide
TO: Alet







Phillip nRosslee added a comment

Ek woon in Auckland New Zealand. Het jou web blad per toeval ontdek. Dink dit is wonderlik.

 Email Phillip nRosslee & Add A Comment
hide
TO: Phillip nRosslee







Phillip nRosslee added a comment

Ek woon in Auckland New Zealand. Het jou web blad per toeval ontdek. Dink dit is wonderlik.

 Email Phillip nRosslee & Add A Comment
hide
TO: Phillip nRosslee







 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook