•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: DIE BRUG OP ONS PLAAS (benodig Quicktime? )

DIE BRUG OP ONS PLAAS

Ek dink weer vanaand aan die brug op ons plaas,
gebou oor 'n heldere stroom,
want daar het my Lenie en ek vaak, helaas!
van liefd' in die maanskyn gedroom.
Dis daar waar ek haar het gevra en sy my
gesê het dat ek haar kan kry.
En skoon ver verwyder, my hart gaan terug
na die plek op ons plaas by die brug.

[KOOR]
Ek hoor nog die stroom se geluid,
ja'k hoor nog die voëltjies fluit,
en skoon ver verwyder, my hart gaan terug
na die plek op ons plaas by die brug.

Hoe dikwels het ons twee nie daarop gestaan
en blomme gepluk by die brug?
Hoe dikwels het ons nie die paadjie gegaan
om daar saam te lag of te sug?
Maar toe moes ons skei, moes ons weg van mekaar
en liefd' en beloftes laat vaar.
O, dat ek een uur, net een uurtjie terug
weer kan vlug na die plek by die brug.

[KOOR]
Ek hoor nog die stroom se geluid,
ja'k hoor nog die voëltjies fluit,
en skoon ver verwyder, my hart gaan terug
na die plek op ons plaas by die brug.

Ons vriendskap van ouds is nog in my gemoed,
so fris as in jare voorheen;
nog diep in my hart klink jou stem, lief en soet,
en fluister my in: 'Hou maar moed!'
Ek dink aan jou snags as die sterretjies blink,
die lied van die nagtegaal klink,
want dan gaan my hart met genot nog eens t'rug
na die plek op ons plaas by die brug.

[KOOR]
Ek hoor nog die stroom se geluid,
ja'k hoor nog die voëltjies fluit,
en skoon ver verwyder, my hart gaan terug
na die plek op ons plaas by die brug.

Die 'brug, gebou oor 'n heldere stroom', is 'n brug oor die Kromrivier wat ongeveer 100 meter van die woonhuis op die plaas Optenhorst in die Bovlei, Wellington, verbyloop.  Die digter van die lied, Imker Hoogenhout, was in die jare 1903/6 vir sy vader, C.P. Hoogenhout, een van die stigterslede van die G.R.A. in 1875, behulpsaam in die Groenbergskool.  Hy het verlief geraak op een van die skooldogters, Stienie Goosen, en is later met haar getroud.  Waarskynlik omdat hy gedink het dat 'Stienie' nie so goed singbaar is nie, of omdat hy haar naam nie genoem wou hê nie, het hy liewer 'Lenie' in die lied gebruik.  Stienie is jonk oorlede, slegs 21 jaar oud.  In die Malherbe-huis in die Paarl is 'n foto van C.P. Hoogenhout geneem op sy oudag en waar hy by die betrokke brug staan.

Written by Woorde: P. IMKER HOOGENHOUT Musiek: 'The old rustic bridge'; verwerk: G.G. CILLIÉ


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook