•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: DIE BOOTJIE NA KAMMALAND (benodig Quicktime? )

DIE BOOTJIE NA KAMMALAND

Hoe sag gly ons bootjie, en wieg heen en weer
op golfies wat dein oor die maanblanke meer!
Met kommer en sorge gelaat op die land,
wuif ons aan die vriende vaarwel met die hand.

Verbeelding is stuurman, hy sit aan die roer,
en wys ons die weg wat na Kammaland voer;
dis oos van die son en dis wes van die maan,
die land waar die jonkheid mos nimmer vergaan.

Die sterre staan hoog aan die hemel op wag,
en strooi oor die water hul tint'lende lag.
Die windjie is wakker, hy suis langs ons oor
en dans op die maanpad wat flikker hier voor.

En ruisend kom sit op die agterskip nou
die sluimer met albei sy vlerkies gevou.
En wiegende kom ons in Kammaland aan,
ver oos van die son en ver wes van die maan.

Written by Woorde: EITEMAL Musiek: C.M. VON WEBER; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1977


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook