Die blou berg moet ek oor,
o, die blou berg moet ek oor,
die blou berg moet ek oor
want die liefde lê daar voor.
Maar die blou berg moet ek oor,
o, die blou berg moet ek oor.
En as julle weer van my hoor
dan is ek die blou berg oor.
'Die Blou Berg' het oorspronklik saam met 'Caledonse Liefdesliedjie' en 'Die Woorde Vaarwel' bekend gestaan as 'Drie Overbergse Liefdesliedjies' en kan dus ook as 'n eenheid uitgevoer word.
Written by Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie, opgeteken deur C.G.S. DE VILLIERS in die distrik Caledon; verwerk: REINO OTTERMAN





