Waar die stroompie vloei, waar die riete groei,
dra ek eensaam en alleen my pyn,
'k hoor die water val in die groene dal,
wyl ek rust'loos van verdriet verkwyn!
Deur die stille nag ruis die stroompie sag,
met sy bittersoet herinnering
aan gebroke woord, brose liefdeskoord;
wreed, tog soet, klink my jou murmeling.
As die nag verdwyn en die son weer skyn
mag jy kabb'lend ruis en fluist'rend sing;
maar in duist're nag hoor ek weegeklag
in jou allersoetste preweling.
Written by Woorde: D.F. VILJOEN, na H. Löns: 'In dem Grünebusch' Musiek: F. JÖDE; verwerk: PIERRE MALAN





