•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: DIE BANGBROEKVRYER (benodig Quicktime? )

DIE BANGBROEKVRYER

Jy kan vra, neef, dis vry, geen mens kan dit keer nie;
en weier daarby kan niemand verweer nie.
Wat weeg jy en wik jy, wat hakkel en hik jy?
Die vra is tog vry en die weier daarby.

Maar hy praat oor die oes wat amper vergaan is,
oor droogte en roes wat nou in die graan is.
Wat meet hy en mik hy, wat stotter en stik hy?
Die vra is tog vry en die weier daarby.

As die moed hom verlaat, kwansuis is hy dorstig;
hy dwing om te praat, maar o, só aamborstig!
Dan hoes hy en hik hy, dan bloos hy en blik hy.
En dan vra hy my of hy water kan kry!

Die onsekerheid, Jan, kan ek nie verdra nie.
Wat doen met 'n man wat nie eers kan vra nie!
Koos Meintjies die sluk nie, hy stotter en stik nie,
maar vra sommer vry--en hy sal my nog kry!

Written by Woorde: EITEMAL Musiek: Volkswysie; verwerk: ANDRIES WASSERMANN


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook