Die aandklokke lui in die verte
in tone wat saggies kom streel.
Die grootmoeder kniel op die drumpel,
die kindertjies hou op met speel.
Grootmoeder bid: 'Onse Vader';
die kinders bid ook so sag.
'n Sonnestraal gly deur die lower;
'n glimlag, 'n glimlag,
want engeltjies hou steeds die wag.
Met toestemming van die uitgewers G. Alsbach & Co., Amsterdam, oorgeneem uit 'Lenteleven', Vijf tweestemmige Liederen van Catharina van Rennes.
Written by Woorde: Na V.A. DE LA MONTAGNE Musiek: CATHARINA VAN RENNES





