Land van die Vaders,
Land van vrome Trekkers;
jy is ons dure pand,
ons geliefde Vaderland.
Jou dien met al ons vlyt!
Jou beskerm in sware stryd!
Dierbaar Suid-Afrika.
Gee ons die manne,
rein in al hul wandel;
manne met Trekkersbloed,
trou in al hul handel.
Dan is ons onbevrees,
sal ons toekoms veilig wees.
Dierbaar Suid-Afrika.
Gee ons die vroue,
eerbaar in hul wandel,
vroue met Trekkersmoed,
rein in al hul handel.
Dan bly ons roem bewaar,
dan ook bly ons volk gespaar.
Dierbaar Suid-Afrika.
Written by Woorde: C.F. VISSER Musiek: F. FLEMING, 1805; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS


